Volle Evangelie Kerk Tzaneen Image

VE Kerk, Tzaneen - LERAAR

Tzaneen Kerk Header

 

Die Huidige Herders paar sedert September 2007,

Pastoor Dawid A. & Lynette & hul dogter Melissa Venter .

 

 

Pastoor Dawid & Lynette Venter is verbind tot die gemeenskap van Tzaneen met 'n boodskap en diens vir die tyd waarin ons lewe.
 
 
In ooreenstemming met Die Groot Opdrag (Mat. 28:19) bedien die gemeente die gemeenskap van Tzaneen. Die gemeente is 'n hartlike gemeente en familiekerk.
 
Die VEK Tzaneen bied u:
 
■ God se doel om voor te lewe ■ God se mense om mee te lewe ■ God se prinsiepe om na te lewe ■ God se bediening om uit te lewe ■ God se krag om te kan lewe
 
U IS WELKOM IN DIE VOLLE EVANGELIE KERK
 
U kinders is welkom ... Die jeug is welkom ... U talente is welkom in ons …
Gereelde dienste en spesiale geleenthede waar musiek en sang deel van ons toewyding en diens aan die Meester vorm.
 
Kom en beleef saam met ons:
 
■ Die seëninge van Christelike liefde en gemeenskap.
 
■ Die vreugde en genoegdoening van hartlike sang in gesamentlike lofprysing en aanbidding van die Here.
 
■ Die onderrig en versorging deur Godgeroepe pastore van die gemeentes aan hulle toevertrou.
 
■ Die geleentheid om Jesus Christus as persoonlike Saligmaker en Here aan te neem en die vergifnis van sonde te ontvang.
 
■ Die doping met die Heilige Gees soos beskrywe in Hand. 2:4.
 
■ Ons aanvaar die Goddelike inspirasie van die Bybel as Heilige Skrif en basis van geloof en lewe.
 
■ Ons bedien die sakramente van die Heilige Doop en die Heilige Nagmaal aan gelowiges volgens Bybelse voorbeeld en voorskrif.
 
■ Ons bou ons ewigheidsverwagting op die salige hoop van die spoedige wederkoms van Jesus Christus.
 

VE Kerk Tzaneen Header

 

 

JEUG SAAMTREK 2014

21 Maart Vrydag.

Vrydagaand om 8H00 Saamtrek – Pietersburg.


AD'S

Web Designers Limpopo - JMGrafixx Ad

Web Design by JMGrafixx