Volle Evangelie Kerk Tzaneen Image

VE Kerk, Tzaneen - KINDERKERK

Tzaneen Kerk Header

Kinderkerk: Sondagoggend om 09:30

Die naam Sondagskool het verander na Kinderkerk. Hier word al die kindertjies van 3 jaar tot Graad 7 bedien. Die kindertjies gaan direk as hul aankom by die kerk na hul verskillende klasse. Die onderwysers wag hul reeds in met allerhande goedjies op die tafels. Kinders word in hul eie ouderdoms groepe bedien.

Soos u seker al agter gekom het is daar elke week iets nuuts wat die kindertjies doen. Vra gerus u kind om vir u te vertel wat Sondagoggend aan hulle geleer is.

Kinderkerk word gehou gedurend skool kwartale en vind plaas tydend die oggend Erediens, sodat ouers die dienste kan bywoon terwyl die kinders op hulle vlak bedien word. Geen Kinderkerk word tydens skoolvakansies en die meeste van die langnaweke gedurende die jaar aangebied nie.

Kinderkerk Visie:

Om doelgerigte onderrig toe te pas deur middel van Bybelse beginsels, om sodoende die kind in staat te stel om homself te leer ondek en sy lewe aan God te wy.

 
   
   

 

VE Kerk Tzaneen Header

 

 

JEUG SAAMTREK 2014

21 Maart Vrydag.

Vrydagaand om 8H00 Saamtrek – Pietersburg.


AD'S

Web Designers Limpopo - JMGrafixx Ad

Web Design by JMGrafixx